Monday, February 6, 2012

Tegnies is dit seker 'n "buislig"

Ek was 'n slag lus om 'n ander soort lig te maak, en hier is dit nou. Die lens bestaan uit klomp glasbuisies wat ek aanmekaar vasgeplak het. Die swart boks was 'n rekenaar se "Power supply" gewees en die blou voetjies is van die glasbuisies se proppe gemaak. Soos jy op die een foto hieronder sal sien, werk die lig ook ewe goed op sy sy. Moet sê, ek is heel tevrede met hoe dit uitgekom het.

▓ ▓ ▓

For once I felt like making a slightly different type of light, and here it is. The lens is basically a lot of glass tubes glued together. The black box used to be a computer's power supply and the blue feet are made of the lids from the tubes. As you'll see on the photo below, the light also works equally well on its side. I must say, I'm quite happy with how it came out. 

Saturday, February 4, 2012

'n Blik wat tik


My woonstel raak nou effens vol van al die horlosies :) Ek moet dalk begin om 'n paar weg te gee. Wie weet, ek hou dalk een van die dae sommer 'n gelukkige trekking en gee dan een weg aan 'n getroue follower. Bly ingeskakel. 

Hierdie een is uit 'n middelslag grootte koffieblik gemaak. Ek het basies net 'n gat in die blik gekap, die horlosiemeganisme ingesit, en die buitekant met spray paint bygekom. Die staander waarop die blik rus, kom uit 'n ou rekenaar uit. Dit het oorspronklik die rekenaar se waaier vasgehou, maar ek dink hierdie is waarvoor dit eintlik al die jare bedoel was.
▓ ▓ ▓

The amount of clocks in my flat is reaching a critical level :), I might just have to start giving some away. Who knows, one of these days I might have a little lucky draw to give one away to one of my faithful followers. Stay tuned.
This one is made from a medium sized coffee tin. I basically just made a hole, installed the clock mechanism and spray painted the outside. The black stand on which the clock rests is something I fished out of an old computer. It used to hold the computer fan in place, but I think this is what is was meant to be used for all along.

Friday, February 3, 2012

Ek en die pad


Soos ek genoem het, was ons die vakansie op ‘n roadtrip. Ons het gery, tent opgeslaan, geslaap, tent afgeslaan en nogmaals gery. Oor die algemeen was dit awesome – behalwe vir die spoedkaartjie wat ek in die pos gekry het met komplimente van die vriendelike mense by die Beaufort-wes Verkeersdepartement. (My eerste een ooit kan jy glo.)

Om te bestuur was nog altyd een van my gunsteling tydverdrywe. Vandat ek die eerste keer in Standerd 4 agter die wiel ingeklim het, was ek besot daarop. Nou my eerste kennismaking met bestuur het soos vir baie jongmense op die dorp in die Rooierwe begin - Hier was min genoeg om in vas te ry, en nog minder siele wat kan lag as jy die kar laat dood ruk. Ek onthou dit was ‘n Sondag, ons het gery met ons Tazz, en my passasiers was my pa, ma en ouma – ja, ‘n regular family outing :).

Alles het darem verbasend goed verloop, ek meen, geen niksvermoedende skaap of voetganger is beseer nie, en die kar is ook terug huis toe in die toestand waarin hy Rooierwe toe gekom het. So in alle opsigte ‘n goeie ondervinding.

Van toe af het ek nie sommer ‘n “Rooierwe toe gaan” gemis nie. Terwyl my pa by my oupa hulle koffie gedrink het, het ek en my broer eers gestry oor wie se beurt dit is, en daarna al te lekker om die blok met die bakkie gery. Dis maar hoe ons geleer het. Vandag het jy tot in 3de rat gekom en 40km/h gery, terwyl jy môre dalk tot in 4de gevorder het. En so het dit gegaan tot ons gemaklik die pedale kon trap sonder om te vergeet van die stuurwiel bo wat ook aandag verg. Beslis van die beste tye ooit!

Nou uiteindelik kry mens dan mos jou learners - wat dit half wettig maak om op die pad te wees - en dan natuurlik die grote: Uitpaseer vir jou regte lisensie. Teen hierdie tyd was ek en die kar goed bevriend, maar om my lisensie te kry, was daar ‘n paar ekstra kyke, kopdraaie en “hande-op-stuurwiel posisies wat ek nie in die Rooierwe van geleer het nie, en eers moes baasraak. Op die Maandag na my 18de verjaarsdag was dit toe sulke tyd.

Ek was nogal baie op my senuwees, maar alles het goed verloop. Todat een van die gangparkering paaltjies uit die bloute uit besluit het om in my vas te ry (of whatever paaltjies ookal doen). So ja, ek het nie eers by my voorritinspeksie uitgekom nie en het ook nie die geleentheid gekry om my nuut aangeleerde kopdraaie en kyke af te show nie. Dit sou wel kom, maar eers na ‘n hele maand.

Op die 17de Augustus 2006 het ek dit toe gekry…Vryheid. Die “ek gaan wettiglik sokkie toe met die kar”, die “soek jy ‘n lift met my ma se kar?”, die “ek sal winkel toe ry om dit te gaan koop” en al daai lekker goed wat jou soos ‘n grootmens laat voel.

En ja, nou bestuur ek al vir ‘n paar jaar, was al in ‘n ongeluk, op ‘n roadtrip, met ‘n papwiel langs die pad gestrand en by die BP met ‘n stukkende starter verras. Ek het al te vinnig gery (dankie Beaufort-wes), ver gery, en sommer net vir die lekkerte in die nag gaan ry. En deur dit alles ervaar ek nog steeds bestuur soos ek dit daai eerste Sondag in ‘n blou Tazz in die Rooierwe samet my pa, ma, ouma en die niksvermoedende skape ervaar het. As ‘n oomblik van absolute plesier.

Thursday, February 2, 2012

Die onvermydelike post / The inevitable post


Hello Rooierwe, long time no see! Hierdie is nou daardie post wat een of ander tyd op elke liewe blog daarbuite verskyn – die een waar die blogger verskriklik verskoning maak vir die feit dat hy/sy so lanklaas iets gepost het. Wel, ek’s regtig jammer. Wat kan ek sê, die laaste paar maande van 2011 was effens besig by die werk, ek het nie rerig inspirasie gehad om iets nuuts te maak nie (nog minder plek in my kamer) en ek het ons vakansie roadtrip reelings probeer finaliseer. Slegte verskonings ek weet, maar nou dat dit alles verby is…wel hier is ek.

Eerstens, jy sal bly wees om te hoor dat ek al klaar iets gemaak het wat ek binnekort gaan post - ek moet net my kamera se batterye laai :) Ek is ook besig met ‘n lig wat basies klaar is, so ten minste weet jy dat twee toekomstige posts in die pyplyn is. Wat ek solank kan sê is dat die een ding wat klaar is iets met ‘n koffieblik te doen het, en die lig iets met glas buisies. Wag en kyk (hopelik nog hierdie jaar :)

Oraait, baai!

 ▓ ▓ ▓

Hello Rooierwe, long time no see! This is that post that I’m sure appears on every single blog out there, the one where the blogger apologises profusely for the fact that he/se hasn’t posted anything in a very long time. Well, sorry. The end of 2011 was quite busy at work, I didn’t feel particularly inspired to make something new (and didn’t have space in my room), oh and I was also busy finalising our vacation roadtrip plans. Bad excuses, but there you have it!

Firstly, you will be delighted to hear that I have already made something new, I just have to charge my camera’s batteries. I’m also busy with a light – so at least you know that two posts are in the pipeline. What I can say so long is that the one item has something to do with a coffee tin, and the light something to do with glass tubes. But wait and see (hopefully not until next year :)

Okay, bye!

Monday, October 17, 2011

Wie se kind is jy? - Die Hantam s'n


Neem kennis: Hierdie post gaan net in Afrikaans wees omdat mens nie regtig my dorp en sy mense in Engels kan beskryf nie. Dit sal tien teen een as ‘n sonde gereken word :)

Net vanaand weer met die kyk van die Klipwerf Orkes se nuutste musiekvideo het ek besef hoe baie ek my tuisdorp mis. Nou ek is nie ‘n groot aanhanger van boeremusiek nie, maar hierdie video het my beslis bietjie laat dink.

Nou moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek is baie mal oor die Kaap, en wil nie rêrig op enige ander plek bly nie. Maar mens se geboortedorp bly maar mense se geboortedorp, en as jy boonop 18 jaar van jou lewe op ‘n plek spandeer het, word dit ‘n integrale deel van jou bestaan.

Wat my nogal van die Klipwerf video getref het was die mense daarin.
So wys hulle byvoorbeeld vir oom Jan en tannie Rosa van Jannels, by wie ons vir jare aangeklop het as jou horlosie se battery pap was, jy ‘n nuwe radio of ander elektroniese ding wou koop, of jy net ‘n nuwe “kerkhemp” of das benodig het vir die Valentynsbal. Ek onthou hoe ek eenkeer my ma omgepraat het om vir my ‘n portable cd speler by Jannels te koop, waarvoor ek my sakgeld vir seker 3 maande moes vaarwel roep om dit te kan bekostig. O ja, dankie ma :)

Net so onthou ek ook die dorp se apteek, wat die enigste plek was waar jy in die ou dae jou films kon ingee en dan twee weke moes wag vir jou fotos om te kom, waar geskenkpapier en verjaarsdagkaartjies gekoop kon word, en waar oom Appie, die dorp se apteker, vir jou die regte pille kon gee. Natuurlik met ‘n storie daarby.

Ander plekke wat vir my uitstaan:
Die slaghuis, met hulle heerlike kerrie sosaties en skilpadjies, asook sulke lekker pienk worsies wat altyd op ons inkopielys was wanneer ons die dorp ingevaar het.

Die Hantam Huis, wat ook in die Klipwerf video verskyn en waar Aletta, die eienaars se dogter, jou altyd vriendelik bedien het met die lekkerste skons en room, gemmerbier, kaaskoek en brandewyn tert wat jy al ooit in jou lewe geëet het. (Nie alles op een slag nie natuurlik :)

Daar is nog baie sulke plekke, maar ek vind dis nie al wat ek na verlang nie. Ek mis ook die stil strate waarin ek in die aande met my fiets kon huis toe ry nadat ek by vriende gekuier het. Ek mis die rooi stofwolke van die Rooierwe se kant af tydens donderstorms. Ek mis die berge wat wit lê van die sneeu (of kapok soos dit ook bekend staan, nie dat ek al ooit die verskil tussen sneeu en kapok verstaan het nie, maar toemaar.) Ek mis ryp in die oggende wat die bolaag van die honde se waterbak vries. Ek mis sonsondergange waarvoor jy nie anders kan as om op die dak te klim om die beste foto’s te kry nie. Ek mis ons huis…

Maar genoeg gemis vir eers!

Met al die dinkery besef ek net weer hoe vinnig die tyd vlieg. Oor ‘n paar jaar gaan baie van die plekke en mense wat ek vir 18 jaar amper daagliks gesien en besoek het, dalk net verdwyn asof dit nooit bestaan het nie. Hoe keer ‘n mens dit? Of is dit maar net een van daai dinge. Die lewe gaan aan, die wêreld verander, en herinneringe is al wat oorbly…Moelik om te aanvaar, maar dis hoe dit is.

Ek besef dus ook dat dit nie al is waarop ‘n mens moet fokus nie. Ons lewens bestaan nie net uit waar jy grootgeword het, en wie jy in jou verlede geken het nie. Ons ontmoet daagliks nuwe mense, ervaar nuwe ervarings (wat anders doen mens met ervarings as om dit te ervaar :), en maak nuwe herinneringe wat op die ou end alles ‘n deel van jou unieke self vorm.

So alhoewel dit hartseer is om te sien hoe die tyd vlieg en terug te dink aan goed wat ons dalk nooit weer gaan ervaar nie en mense wat ons dalk nie weer gaan sien nie, is dit ook verblydend om te weet dat ons ten minste bevoorreg genoeg was om dit as ‘n basis tot ons menswees te hê. En beter as dit wat ek gehad het, kan mens nie voor vra nie!

Terwyl ons op ‘n positiewe noot is, sluit ek af.

O ja, hier is die Klipwerf video as iemand dit dalk wou kyk.

Tuesday, October 11, 2011

Motherboard clock 2.0



Net noudie dag ontdek ek hierdie cool website waarop mens horlosie meganismes kan koop, waarna hulle dit vir jou aflewer. Dit pas my net te goed! Nou hoef ek nie meer goedkoop PEP Stores horlosies te breek om die meganismes te kry nie :)

So, kom ons gesels bietjie oor hierdie horlosie. Getroue Rooierwe followers sal weet dat ek al voorheen ook 'n horlosie uit 'n ou moederbord gemaak het. (Sien dit hier) Hierdie een is egter so bietjie anders. Ek het besluit om die F1-F12 knoppies van 'n keyboard te gebruik om die syfers aan te dui, en ek het nie hierdie keer die waaier aan die agterkant afgehaal nie, so nou staan die horlosie sommer op sy eie.

Een van die dae gaan ek ook 'n post doen oor 'n ander horlosie wat ek gemaak het, waaroor ek nogal mal is. Ek besluit nog net of dit al klaar is :)

Wat dink julle van hierdie een?

▓ ▓ ▓

Just the other day I came across this awesome website that sells clock mechanism online, and then mails it to you. I absolutely love it. Now I don't have to break apart cheap PEP Stores clocks to get mechanisms :)

So, on to this clock. Loyal Rooierwe followers will know that I have previously made a clock out of an old motherboard. (See it here) This one however, is a bit different. I decided to use the F1-F12 buttons from an old keyboard as the numbers, and on this one I didn't remove the fan at the back, so the clock can stand on its own.

One of these days I will also blog about another clock that I've made recently, which I like quite a bit. I'm just deciding if it's finished or not :)

What do you think of this one?

Monday, September 19, 2011

Desktop background of the week


Ek het sommer so bietjie gespeel met een van die fotos wat ek Saterdag tydens die Cape Town Sightseeing bustoer geneem het.

▓ ▓ ▓

I played around a bit with one of the photos I snapped this Saterday during our Cape Town Sightseeing bus tour.

Sunday, September 18, 2011

'n Boor en bottel is nie maatjies nie



Hierdie is 'n lig wat ek vir 'n werkskollega as 'n verjaarsdag geskenk gemaak het. Die lig het egter ietwat van 'n storie agter hom. My oorspronklike plan was om 'n lig te maak uit die vonkelwynbottel wat ons by haar verjaarsdag oopgemaak het. Nadat ek 'n spesiale reeling met die waiter getref het om die bottel te kry, en dit toe stil-stil by die restaurant uitgesneak het sonder dat iemand my sien, het my planne toe nou nie so mooi uitgewerk nie.

Ek het my broer se hulp ingewin en wou 'n gat in die bodem boor vir die draad om deur te gaan. Alles het heel glad verloop...tot die boorpunt deurgedruk het. Die boor het effens geglip, en toe eindig ons op met 'n gat wat bietjie groter en meer ongelyk is as wat ek wou hê. Met my familie se hulp beraam ons toe 'n ander plan met die bottel, wat sou werk, maar toe ek by die huis kom sien ek daar is ook 'n bars wat stadig aan versprei.

So toe vat ek maar 'n ander bottel wat ek gehad het, en maak iets daaruit. Ek het vir 'n oomblik oorweeg om steeds vir haar te sê dat dit haar verjaarsdagbottel is, maar dan sal ek elke keer moet jok as ons oor die lig praat :) So, sy gaan nou nie kan spog dat dit van haar verjaarsdag-vonkelwynbottel gemaak is nie, maar hopelik hou sy darem van die lig!

O ja, die skerm is gemaak uit sulke awesome deurskynende plastiek film wat ek uit 'n rekenaar keyboard gekry het.

▓ ▓ ▓

This is a light that I made for a work colleague as a birthday gift. There is however a little bit of a story behind the story here. My initial plan was to make a light with the sparkling wine bottle that we opened at her birthday party. After making secret plans with the waiter to get the bottle, and sneaking it out of the restaurant, my plans didn't quite work out the way I planned.

I made a quick visit to my brother to use his drill to make a hole in the bottom of the bottle for the wire to go through. Everything went smoothly, until the moment the drill bit broke through. The drill slipped a bit, and we ended up with a sort of edgy hole that was much bigger than what I wanted. Still, we quickly tried to make another plan with the bottle, but then I noticed a crack that was spreading slowly, so it was bye bye bottle.

What to do? Well I had another bottle lying around, so I decided to make something out of it. I must say, for a few minutes I did consider telling her that this was her birthday bottle, but then I would have to lie every time we talked about the light...so many lies! :) So, she will not be able to brag about the fact that it is made with her birthday bottle, but hopefully she still likes it!

Oh, the shade is made from this awesome transparent plastic film thing I got out of an old computer keyboard.

Saturday, September 17, 2011

Sleutelhouer/Keychain


Sommer 'n sleutelhouer wat ek vir 'n vriendin se 25ste verjaarsdag gemaak het. Sy kry binnekort 'n nuwe kar en ek het gedink met hierdie as 'n geskenk, ry ek altyd saam in die nuwe motor :) Soos jul kan sien het ek nog so 'n paar rekenaarparte wat in my kamer rond lê en wag vir 'n geleentheid om te wys wat hul kan wees :)

▓ ▓ ▓

Just 'n keychain I made for a friend's 25th birthday. She is getting a new car soon and I thought that with this as a gift, I will always be along for the ride in the new car :) As you can see, I still have a few computer bits and pieces lying around in my room waiting for an opportunity to show what they can be :)

Friday, September 9, 2011

Ek wen nooit iets nie...tot nou!


Kyk wat het ek gewen! En al wat dit gekos het was 'n comment op een van my gunsteling blogs. Henriëtte van tjou-tjou het dit ontwerp en besluit om twee daarvan weg te gee aan iemand wat op haar blog comment. Toe word my naam sowaar uit die hoed getrek! (speech, speech! :) Al haar ontwerpe is by Haas beskikbaar.

Nou ja ek het nie iets cools om weg te gee nie, maar 'n paar comments is altyd welkom :)

▓ ▓ ▓

Look at what I won! And all that it took was just a simple comment on one of my favourite blogs. Henriëtte from tjou-tjou designed these awesome enamel mugs and decided to give two of them away to someone who left a comment on her blog. Lucky for me, my name was drawn! All here designs are available at Haas.

Now I don't have anything cool to give you yet, but a few comments are always appreciated  :)