Hierdie jaar het ek net volstrek geweier om weer ‘n bring en braai te hou! Nee
aarde, genoeg is genoeg. Hierdie jaar wou ek iets anders doen en het toe besluit om
my verjaarsdag te vier deur ‘n Midnight Breakfast in die Wimpy, op die N1 in
die middel van “amper nerens”, te hou.
Die reeling was heel eenvoudig. Kom ons kry mekaar 12 uur by
die Wimpy, eet lekker ontbyt, speel 30 seconds, en bring vir Wynand klomp
geskenke – dis mos nie te veel gevra nie :)
Wel, gelukkig het ek ‘n paar awesome vriende en familielede
wat bereid was om daai tyd van die nag by die Wimpy te gaan uithang. Ons het
lekker geëet en gespeel, en ek kon selfs die waiters ompraat om in die
middernagtelike ure vir my te sing. Sjoe dit was rerig awesome gewees.
Ek het bietjie op my rekenaar rondgespeel en die video probeer compress, so hier, kyk bietjie hoe die cool mense
van Wimpy vir my sing.
No comments:
Post a Comment
Los daar 'n comment, toe! If a red line appears after you click "Post Comment", just keep clicking it until your comment is submitted. It usually works after the 3rd click. Please.