Ons het Sondag net na die middag gou vinnig deurgery Riebeek Kasteel toe. Wat ‘n interessante dorpie! Was heel verbaas oor die hoeveelheid klein koffiewinkels en restaurante wat daar is, en net so verbaas oor die getal mense wat ook hul Sondag namiddag daar deurgebring het.
Die eetplek waar ons gaan sit het se naam is Kos en Kuns, en net soos die naam voorstel is dit presies wat ons gekry het. Kyk net die cool koppie waarin hulle tee bedien het. Ek moes maar versigtig drink om dit nie sommer stukkend te druk nie :)
Sunday just after lunch we took a quick trip to Riebeek Kasteel. What an awesome little town. I must say that I was quite surprised at the amount of coffeeshops and restaurants in the town, just as surprised as I was at the amount of people hanging out there on a Sunday afternoon.
We sat down at a place called Food and Art, and as the name would suggest, that’s exactly what we got. Just look at the cool cup my tea was served in. I had to concentrate really hard not to break it :)
Ander cool items wat ons daar gesien het was onderandere ‘n tafel wat uit ‘n ou deur gemaak is en ou teepotte en koppies wat in ‘n mosaic-werkstuk vasgemessel is om ‘n “water feature” te vorm. Regtig baie interessant.
Some other cool stuff we saw there includes a table made from an old door and a mosaic water feature with an old teapot and cups cemented in. Really very interesting.
Ons het ook vinnig by ‘n winkeltjie gaan rondkyk en ek kon nie anders as om vir my Suurlemoenstroop te koop nie. Dit is nie so dik soos dié wat my ouma altyd gemaak het nie, maar dit smaak darem amper so lekker :)
▓ ▓ ▓
We also checked out this little shop and I couldn’t help but buy me some Lemon Syrup. It’s not as thick as those my grandma used to make, but the taste is almost spot on.
} ek was nog net daar met hulle olyffees. sal 'n plan moet maak on daar 'n koffietjie te gaan drink. klink heelik ;)
ReplyDeleteJy moet beslis. Ek's seker jy sal dit geniet en dis mos glad nie vêr nie.
ReplyDelete