Tuesday, October 11, 2011

Motherboard clock 2.0



Net noudie dag ontdek ek hierdie cool website waarop mens horlosie meganismes kan koop, waarna hulle dit vir jou aflewer. Dit pas my net te goed! Nou hoef ek nie meer goedkoop PEP Stores horlosies te breek om die meganismes te kry nie :)

So, kom ons gesels bietjie oor hierdie horlosie. Getroue Rooierwe followers sal weet dat ek al voorheen ook 'n horlosie uit 'n ou moederbord gemaak het. (Sien dit hier) Hierdie een is egter so bietjie anders. Ek het besluit om die F1-F12 knoppies van 'n keyboard te gebruik om die syfers aan te dui, en ek het nie hierdie keer die waaier aan die agterkant afgehaal nie, so nou staan die horlosie sommer op sy eie.

Een van die dae gaan ek ook 'n post doen oor 'n ander horlosie wat ek gemaak het, waaroor ek nogal mal is. Ek besluit nog net of dit al klaar is :)

Wat dink julle van hierdie een?

▓ ▓ ▓

Just the other day I came across this awesome website that sells clock mechanism online, and then mails it to you. I absolutely love it. Now I don't have to break apart cheap PEP Stores clocks to get mechanisms :)

So, on to this clock. Loyal Rooierwe followers will know that I have previously made a clock out of an old motherboard. (See it here) This one however, is a bit different. I decided to use the F1-F12 buttons from an old keyboard as the numbers, and on this one I didn't remove the fan at the back, so the clock can stand on its own.

One of these days I will also blog about another clock that I've made recently, which I like quite a bit. I'm just deciding if it's finished or not :)

What do you think of this one?

2 comments:

  1. By wie koop jy die meganismes? Barend

    ReplyDelete
  2. Hi Barend. Die website is www.capewatch.co.za. Dit werk redelik goedkoop uit as jy sommer 'n paar meganismes en wysers op een slag koop.

    ReplyDelete

Los daar 'n comment, toe! If a red line appears after you click "Post Comment", just keep clicking it until your comment is submitted. It usually works after the 3rd click. Please.