Sunday, August 14, 2011

Badkamerpraatjies / Toilet talk


As jy soos ek in ‘n woonstel bly wat redelik nuut is, dan het jy sekerlik ook een van daardie badkamers wat se toiletpapierhouer op so ‘n plek sit dat dit fisies onmoontlik is om die toiletpapier by te kom. Dus, vermy ek die rol heeltemal en staan die toiletpapier nou maar op ‘n tafeltjie voor die toilet. Tot nou toe.

‘n Paar kurke en ‘n ou bottel is al wat dit gevat het om my eie toiletpapierhouer te maak wat nie van jou verlang om ‘n gimnas te wees om dit te bereik nie. Ek moet sê, ek is nogal verbaas oor hoe lekker dit werk. Die rol draai baie maklik om die bottel en het nog nie eenkeer vasgehak nie.
Dit werk ook heel lekker vir kombuispapier rolle of as ‘n plek waar ekstra toiletpapier gebêre kan word. Ek sal dalk in die toekoms een maak met meer kurke op sodat mens ‘n hele paar rolle daarop kan bêre.

Maar genoeg badkamerpraatjies vir eers. Tot volgende keer.

 ▓ ▓ ▓

If like me you stay in a relatively new flat, you probably also have one of those bathrooms with a toilet paper holder placed in such a way that it is basically impossible to reach. Because of this, I just plainly ignore the “official toilet paper holder” and keep the roll on a little table in front of the toilet. Until now.

A few plastic corks and an old bottle was all it took to make my own paper holder that doesn’t require you to be a gymnast in order to reach it. I must say, I’m quite surprised at how nicely it works. The roll moves effortlessly around the bottle’s neck without getting stuck.

It also works really well with kitchen towel or as a place to keep extra toilet paper. When a get a few more corks I will probably make another one that’s a bit longer so you can keep a few rolls on it.

But enough toilet talk for now. Until next time.

Monday, August 8, 2011

Iets vir my lessenaar


Uiteindelik weer 'n slag 'n post. Ek was laasmaand bietjie stil gewees (als my verjaarsdag se skuld dat ek so besig was dat ek nie kon blog nie :) Maar nou's ek terug, een jaar ouer moet ek bysê. Hier is 'n ietsie wat ek die naweek aan gewerk het, 'n pennehouer. Dit bestaan hoofsaaklik uit ou rekenaar dele wat nog oorgebly het van die cd rak wat ek so 'n tydjie terug gemaak het.
Wonder wat gaan die mense by die werk als te sê hê as ek dit môre langs my rekenaar gaan staanmaak. Ons sal sien.

▓ ▓ ▓

Finally a new post! As you can see, I was a little quiet last month (all my birthday's fault that I didn't get time to blog) But now I'm back, one year older and ready to blog blog blog. Here's a little something that I worked on this weekend, 'n pen holder. It is largely made out of old computer parts that was left over from the cd/bookcase I made a while ago.
I wonder what the people at work will have to say when I take it to work tomorrow. I guess we'll find out.

Wednesday, June 22, 2011

1000 views and still going

Het vandag officially 1000 pageviews bereik (insert "woohoo"), wat volgens my nie te "bad" is as jy in ag neem dat ek maar in Januarie begin blog het. Dankie aan almal wat 'n deel daarvan uitmaak, alhoewel die helfde daarvan seker maar familie is wat gedwing was om te kom kyk :)

▓ ▓ ▓

Today my blog reached 1000 pageviews.(insert woohoo) According to me, that's not too bad considering I only started blogging in January. Thanks to everyone who forms a part of this 1000, although most of it is probably family members who were forced to visit my blog :)

Sunday, June 19, 2011

Dit was my pa

Aangesien vandag Vadersdag is het ek besluit om hierdie post aan my pa toe te wy.

Matthëus, Matewis of vir party mense sommer net Boetie. Dit was my pa. Hy het gehou van sy skaaptjopie by ‘n braai, groentetuin maak in die agterplaas en ‘n vinnige uiltjie knip op die bank oor middagete. Hy was altyd oggende vroeg op om kwotasies uit te werk, het net velskoene werk toe gedra en kon lekker skrik as hy die dag wou. Hy het geweier om Engels te praat, het altyd ‘n V op sy bors gebrand gehad van in die son werk en het ‘n groen hoedjie nes my oupa gedra.

Alhoewel hy ‘n bouer van beroep was, was hy al die jare eintlik ‘n boer van hart. Hy het altyd gesmag na ‘n plaas van sy eie en dit was vir hom so moeilik om te verstaan dat sommige mense plase erf en dan nie wil boer nie, terwyl hy wát sou gee om sy eie plaas te hê.

Dit het hom egter nie gestop nie. Bo en behalwe vir die stukkie grond in die Rooierwe, het my pa altyd êrens in die omgewing plaasgrond gehuur waar sy skape kon loop en waarheen hy elke Saterdag in sy Suzbok (Isuzu bakkie) kon ry om skape te “dose” en seker te maak dat hulle nog “gelukkig” is.

Dit het egter nie beteken dat hy enigsins sy bouwerk afgeskeep het nie. Inteendeel. Die respek wat mense vir my pa en sy werk gehad het word vir my so mooi opgesom in ‘n storie wat ‘n tannie ons ‘n tydjie na sy dood vertel het. ‘n Man met wie sy gesels het het glo gesê dat daar net een ding is wat hy die Here eendag wil vra, en dis hoekom Hy my pa so vroeg gevat het. Hierdie het nog altyd net vir my boekdele gespreuk van die tipe man wat my pa was en het my ook geleer om altyd iets voluit te doen, maak nie saak of dit jou eerste of tweede liefde is nie.

Ek dink dit was dalk ook sy menslikheid wat by só baie mense aanklank gevind het. Hy was ‘n warm mens wat met almal oor die weg gekom het, en het altyd lekker gelag en parkaate gemaak. Self toe hy al baie siek was en ons hom moes help stort, aantrek en voer, moes ons telkemale eers stop om klaar te lag voor ons kon verder gaan. En dis hoe ek my pa wil onthou. Nie sy siekte of dit wat hy nie meer kon doen nie, maar die tipe man wat hy selfs tot op die einde was.

Op my sestiende verjaarsdag, presies 17 dae voor hy oorlede is, het my pa op sy manier vir my gesê dat ons mooi na my ma moet kyk. Ek is seker hy het toe al geweet wat aan die kom is. En as dít die enigste manier is om vir hom dankie te sê vir al die jare wat ons kos gehad het om te eet; dat ons hom nooit dronk gesien het nie of dat hy nooit op my ma geskree het nie en ons altyd eerste geplaas het - dan is dit die minste wat ek kan doen.


Sunday, June 12, 2011

Meant to be a keychain



Die eerste keer wat ek die giftcard gesien het het ek nie gedink W vir Woolworths nie, ek het gedink W vir Wynand :) En nou hang dit al te lekker aan my karsleutels as 'n sleutelhouer.

▓ ▓ ▓

The first time I saw this giftcard I didn't think W for Woolworths, I thought W for Wynand. And now it's hanging all to nicely on my car keys as my new keychain.

Sunday, June 5, 2011

Van Poeding tot Donkie Lepel




Kaartspeel kom al 'n langpad in ons familie. Een van die hoogtepunte van elke familievakansie was vir my die aande wat ons om die kombuistafel kon sit en kaart speel.

Ek dink ons familie se liefde daarvoor het beslis van my ouma af gekom. Alhoewel ek nie verseker kan onthou dat sy ons geleer het om te speel nie, weet ek dat sy altyd net so lekker saamgespeel het nadat iemand die kaarte uit een of ander laai gegrawe het.

Enigiets van Poeding, Sewetjie en Gaan Vis tot ons familie se ultimate favourite - Donkie Lepel het ons gespeel. Nou ja vir die wat nie weet nie, Donkie Lepel werk so. Die doel van die spel is om 'n pakkie van 4 te maak deur die kaart wat jy nie wil hê nie aan te stuur en die wat jy wel wil hê, te hou. Sodra jy dan 'n pakkie het moet jy uitgooi en een van die lepels gryp wat op die tafel lê. Daar is egter elke keer een lepel te min, wat beteken dat die stadigste een leë hande eindig en dus verloor.

Om die waarheid te sê, ons het eenkeer so lekker gespeel dat die bure die volgende dag wou weet hoekom hulle nie na die lekker party toe genooi is nie, min weetend dat ons eintlik net sit en kaart speel het. ('n Party in 'n pakkie...maybe I should market that?)

Aangesien ons familie so lief vir kaartspeel is het ek so 2 jaar terug besluit om ons eie, unieke familie kaarte te maak as 'n kersgeskenk. Almal in die familie se gesigte is op die Kings, Queens en Jacks gesit, met twee familie grapjasse wat pronk op die Jokers. 

Die "VDM" staan vir "van der Merwe" - wat my oupa hulle se van was. Die pak hierbo is die een wat ek vir myself laat print het, wat nou eers klaar uitgeknip is. :) Kom ons hoop dit sorg vir nog baie jare se kaart pret.

▓ ▓ ▓

Our family really loves playing cards so about 2 years ago I decided to make these as a Christmas gift. The Kings, Queens and Jacks feature the faces of everyone in our family, while two family jokers made it on to the Joker cards. I only recently finished cutting out the pack I printed for myself :)

Monday, May 16, 2011

Die Rooierwe, of moontlik Mars


Net vir ingeval jy gewonder het hoekom hulle dit die Rooierwe noem :) Dankie vir die kiekie Google.

▓ ▓ ▓

Just in case you were wondering why they call it Rooierwe (Red stands). Thanks for the shot Google.

Friday, May 13, 2011

Small changes


Wat dink julle van die nuwe uitleg en banner?

▓ ▓ ▓

What do you think of the new layout and banner?

Sunday, May 8, 2011

Fragments of a computer


Dié "raam" en kabels kom uit 'n rekenaar. Ek kan seker 'n foto ook daarin sit, maar ek hou van die geknoopte kabels.

▓ ▓ ▓

"Frame" and cables from a computer. Guess I can put a photo in it too, but I quite like the knotted cable.

2 computers become 1

My favourite part -
The DVD ROM is now a retractable CD holder.


Ek was hierdie naweek weer ‘n bietjie “kreatief” gewees. So ‘n maand of wat terug het ek twee ou rekenaars by die werk gekry wat nou in ‘n CD/Boekrak verander is. Duidelik weet die mense by die werk nou al waarmee ek my besig hou en daarom kom vra hulle eers of ek iets wil hê voordat hulle dit net weggooi. Solank ek plek in my woonstel het…bring it on. Gaan kyk gerus na een van my vorige posts waar ek ook ons werk se ou mikrogolf bietjie bygekom het. Long live die Mikrogolf

O ja, ek het nou ook ‘n klomp van die twee rekenaars se binnegoed oor, so verwag ‘n paar ander rekenaar-geinspireerde skeppings in die nabye toekoms :)

 ▓ ▓ ▓

This weekend was spent doing a bit of “creative” work. About a month ago I was handed two old computers at work that have now been transformed into a new CD/Bookcase. Clearly people at work know what I like to do with my spare time. And as long as I have space left in my flat…bring it on. Check out what I did with our work’s old microwave a few months ago. Long live die Mikrogolf

Oh, and seeing as I have taken apart two computers, rest assured in the knowledge that I now have an abundance of new parts that will be making its way to your screen, so to speak, as new creations :)