Sunday, June 5, 2011

Van Poeding tot Donkie Lepel




Kaartspeel kom al 'n langpad in ons familie. Een van die hoogtepunte van elke familievakansie was vir my die aande wat ons om die kombuistafel kon sit en kaart speel.

Ek dink ons familie se liefde daarvoor het beslis van my ouma af gekom. Alhoewel ek nie verseker kan onthou dat sy ons geleer het om te speel nie, weet ek dat sy altyd net so lekker saamgespeel het nadat iemand die kaarte uit een of ander laai gegrawe het.

Enigiets van Poeding, Sewetjie en Gaan Vis tot ons familie se ultimate favourite - Donkie Lepel het ons gespeel. Nou ja vir die wat nie weet nie, Donkie Lepel werk so. Die doel van die spel is om 'n pakkie van 4 te maak deur die kaart wat jy nie wil hê nie aan te stuur en die wat jy wel wil hê, te hou. Sodra jy dan 'n pakkie het moet jy uitgooi en een van die lepels gryp wat op die tafel lê. Daar is egter elke keer een lepel te min, wat beteken dat die stadigste een leë hande eindig en dus verloor.

Om die waarheid te sê, ons het eenkeer so lekker gespeel dat die bure die volgende dag wou weet hoekom hulle nie na die lekker party toe genooi is nie, min weetend dat ons eintlik net sit en kaart speel het. ('n Party in 'n pakkie...maybe I should market that?)

Aangesien ons familie so lief vir kaartspeel is het ek so 2 jaar terug besluit om ons eie, unieke familie kaarte te maak as 'n kersgeskenk. Almal in die familie se gesigte is op die Kings, Queens en Jacks gesit, met twee familie grapjasse wat pronk op die Jokers. 

Die "VDM" staan vir "van der Merwe" - wat my oupa hulle se van was. Die pak hierbo is die een wat ek vir myself laat print het, wat nou eers klaar uitgeknip is. :) Kom ons hoop dit sorg vir nog baie jare se kaart pret.

▓ ▓ ▓

Our family really loves playing cards so about 2 years ago I decided to make these as a Christmas gift. The Kings, Queens and Jacks feature the faces of everyone in our family, while two family jokers made it on to the Joker cards. I only recently finished cutting out the pack I printed for myself :)

5 comments:

  1. Ja ek verlang sommer terug na die ou dae. Hoeveel aande het ons nie om kaart gespeel nie. Ek dink Ouma het die liefde van kaartspeel oorgedra aan ons. Nou kom ons nie eens meer so baie bymekaar om kaart te kan speel nie. Dis hartseer!!!

    ReplyDelete
  2. Joe dit smart! Ons moet definitief daardie poeding lepel game try!

    ReplyDelete
  3. Donkie lepel is die meeste pret wat mens kan hê met 'n pak kaarte :)

    ReplyDelete
  4. DANKIE,JY HET MY BAIE GEHELP. EK KON NIE MEER ONTHOU HOE SPEEL N MENS DONKIE NIE.DIT LAAT N MENS SO VERLANG NA JOU KINDERDAE EN JONG DAE.BAIE DANKIE

    ReplyDelete

Los daar 'n comment, toe! If a red line appears after you click "Post Comment", just keep clicking it until your comment is submitted. It usually works after the 3rd click. Please.