Sunday, February 20, 2011

Old cables get a new purpose



Jy kan seker sê dat ek al 'n paar jaar besig is met hierdie lig. Lank terug al het ek my ou lessenaarlig se voetstuk verwyder en dit in dié glasbottel "ingebou". Dit het egter nooit rêrig klaar gevoel nie, maar ek het ook nie geweet wat ek verder daarmee wil maak nie.

Hierdie naweek besef ek toe dat ek my ou kabels kan gebruik om die lig klaar te maak, nadat ek ook al 'n paar weke lank loop en wonder wat ek met al my ongebruikte kabels kan maak.

En hier is dit nou. My "drukkerkabel-selfoonlaaier-telefoondraad-usb kabel-ou oorfone" lig.

▓ ▓ ▓

It would be fair to say that I've been working on this light for a few years. Long ago I removed my old desk lamp's base and incorporated the top part into a glass bottle. It never really felt complete though, but I had no idea what else I wanted to do with it either.

So this weekend then I realised that I could use my old cables to complete the light. This after a few weeks of walking around wondering what to do with all my unused cables.

And now here it is. My "printer cable-cellphone charger-phone line-usb cable-old earphones" light.

Saturday, February 19, 2011

Hoe om te comment

Ek weet ek is soos 'n kat om 'n derm, maar ‘n hele paar mense het dit onder my aandag gebring dat hulle sukkel om te comment op die posts. Aangesien ek so desperaat is vir kommentaar, gaan ek dit stap vir stap verduidelik. As dit hierna nie werk nie, sal ek maar vir Google moet aanvat oor hulle simpel comment fasiliteit!

1. Kliek op die “link” onder aan die post wat sê hoeveel comments daar al is.


__________________________________________________________________________
2. Tik jou comment, kliek die “Select Profile” dropdown menu onder die comment blokkie en kies Name/URL.
__________________________________________________________________________
3. Tik slegs jou naam in (Nie nodig vir URL nie) en kliek “Continue”.

__________________________________________________________________________
4. Kliek nou “Post Comment”.

__________________________________________________________________________
5. Wag dan tot jy die boodskap in geel kry “Your comment will be visible after approval” om te weet dat jou comment deur is.


__________________________________________________________________________

Hoop hierdie help!

Fotos raam is boring


Hierdie is almal ou fotorame wat ek by die huis "gekry" het. Ek gaan loer elke keer as ek huistoe gaan gou vinnig in die kas om te sien of daar nie nog rame bygekom het wat smag daarna om weer 'n doel te hê nie.

Kom ons begin sommer agter. Mense sê altyd dat niks in die lewe verniet is nie. Ek moet egter daar met hulle verskil! Verfkaartjies kos niks. Jy kan maklik met 'n handvol daarvan by 'n winkel uitstap, en die sekuriteitsmense wat jou strokie by die deur teken sal net dink jy beplan baie verfwerk.

Die middelste raam het 'n ou ligskakelaarbedekking (nou silwer) wat vasgedraai is in van daardie dik vislyn wat ek in een van my vorige posts ook van gepraat het. (Bedlampie)

En dan die heel voorste raam...ek's seker jy kan self sien wat dit is :)

Nou ja sien jy. Jy het nie 'n geliefde nodig om iets te hê om in 'n raam te sit nie! :)

▓ ▓ ▓

I got all these old frames from home, and regularly go check the cabinet when I go back for more old frames in need of purpose.

Let's begin at the back. People always say that nothing in this life is free. I have to disagree. Paint swatches don't cost a thing. You can easily walk out of a shop with a handful, and the security people at the door will simply think you're planning a "whole lotta painting."

The middle frame has an old light switch cover which I painted silver and attached to the frame by stringing around some of that rather thick fishing line, which I also mentioned in one of my previous posts. (Bedlampie)

Then we get to the front frame...well i'm sure you can see for yourself.

So you see, you don't need a loved one in order to have something to frame! :)

Wednesday, February 16, 2011

Kry die volle prentjie


Hierdie is dieselfde foto wat op die agtergrond van my blog verskyn, en is heel toevallig in die Rooierwe geneem. Die berg is egter so groot, dat dit nie op die blog agtergrond inpas nie. (Of ek is net te dom om die foto reg te crop...een van die twee :) Hier is die Rooierwe redelik groen, maar moenie dink dit lyk altyd so nie.


This is the same photo that is on the background of my blog, and was taken in the actual Rooierwe. However the mountain is so big that is doesn't fit on the blog background. (Or I'm too stupid to crop the photo correctly...one of the two :) The Rooierwe looks pretty green here, but I can almost safely say that it was a one time thing.

Saturday, February 5, 2011

Is dit beter?

Lyk dit al meer soos 'n "r"? Ek dink so.

Does it look more like an "r" now? I think so.

Thursday, February 3, 2011

Logo?


 Wat dink julle, kan dit vir eers werk as 'n "logo" vir Rooierwe?

What do you think? Can this work as a "logo" for Rooierwe for now?

Wednesday, February 2, 2011

Kaapstad


Het hierdie foto so 'n tydjie terug uit die "Wheel of excellence" geneem, met my selfoon moet ek bysê.

I took the photo a little while back from the "Wheel of excellence", with my cellphone I must add.

Die turksvy: Lelik en vol dorings, maar vrek lekker!

Ek het vandag gou vinnig by Fruit and Veg ingehol en sien toe sowaar ‘n boks turksvye teen ‘n prys wat nie die sak te seer sal maak nie. Ek het egter hierdie maand al klaar te veel spandeer, maar daai boks turksvye moes ek hê. En hier’s hoekom…

Ek onthou hoe ons al die jare emmers vol turksvye van die Rooierwe af gekry het (verniet natuurlik), wat dan eers in ‘n ou 25l verfblik in die water moes lê vir al die dorings om af te kom. Daarna is dit sorgvuldig met ‘n vurk op die bord vasgepen, die twee punte met ‘n mes afgesny en die ryp turksvy uitgerol uit die skil.

As jy jou lus kon sluk en bietjie wag vir die turksvye om lekker koud te raak in die yskas, kon jy dit op hul beste ervaar. Die bak het egter redelik vinnig gesak, so as jy te lank gewag het, moes jy dalk tot die volgende turksvyseison wag.

My “verhouding” met turksvye het egter nie by die vrug geeindig nie, maar selfs die blare ook ingesluit. Daar was ‘n tyd wat ek en my broer elkeen ons eie stuk draad gehad het, wat elke keer getrou saam Rooierwe toe gevat is om turksvyblare al die pad deur die grondpaaie tot by die huis agter die bakkie te sleep. As die pad erg sinkplaat was, het jou blaar dalk nog voor die eerste draai van die draad af gekom, maar andersins was dit “smooth sailing”, veral as jy dit kon regkry om joune bo-op die ander een se blaar te laat ry.

Dit was egter nie iets wat ons elke aand kon doen nie, want ons het geweet ons sleepery kon ‘n groot impak op die volgende jaar se turksvy oes hê.

As kind het ons dit baie geniet, en nou as “grootmens” sal ek dit enigetyd weer doen. Gee my net ‘n bakkie, ‘n turksvyblaar en ‘n stuk draad!

Na al die pratery sal ek maar gou die Fruit and Veg boks moet nader sleep en enetjie geniet…of twee…of drie.