Sunday, May 8, 2011

2 computers become 1

My favourite part -
The DVD ROM is now a retractable CD holder.


Ek was hierdie naweek weer ‘n bietjie “kreatief” gewees. So ‘n maand of wat terug het ek twee ou rekenaars by die werk gekry wat nou in ‘n CD/Boekrak verander is. Duidelik weet die mense by die werk nou al waarmee ek my besig hou en daarom kom vra hulle eers of ek iets wil hê voordat hulle dit net weggooi. Solank ek plek in my woonstel het…bring it on. Gaan kyk gerus na een van my vorige posts waar ek ook ons werk se ou mikrogolf bietjie bygekom het. Long live die Mikrogolf

O ja, ek het nou ook ‘n klomp van die twee rekenaars se binnegoed oor, so verwag ‘n paar ander rekenaar-geinspireerde skeppings in die nabye toekoms :)

 ▓ ▓ ▓

This weekend was spent doing a bit of “creative” work. About a month ago I was handed two old computers at work that have now been transformed into a new CD/Bookcase. Clearly people at work know what I like to do with my spare time. And as long as I have space left in my flat…bring it on. Check out what I did with our work’s old microwave a few months ago. Long live die Mikrogolf

Oh, and seeing as I have taken apart two computers, rest assured in the knowledge that I now have an abundance of new parts that will be making its way to your screen, so to speak, as new creations :)

Tuesday, May 3, 2011

Tee, Kuns en Suurlemoenstroop op Riebeek

Ons het Sondag net na die middag gou vinnig deurgery Riebeek Kasteel toe. Wat ‘n interessante dorpie! Was heel verbaas oor die hoeveelheid klein koffiewinkels en restaurante wat daar is, en net so verbaas oor die getal mense wat ook hul Sondag namiddag daar deurgebring het.

Die eetplek waar ons gaan sit het se naam is Kos en Kuns, en net soos die naam voorstel is dit presies wat ons gekry het. Kyk net die cool koppie waarin hulle tee bedien het. Ek moes maar versigtig drink om dit nie sommer stukkend te druk nie :)

▓ ▓ ▓

Sunday just after lunch we took a quick trip to Riebeek Kasteel. What an awesome little town. I must say that I was quite surprised at the amount of coffeeshops and restaurants in the town, just as surprised as I was at the amount of people hanging out there on a Sunday afternoon.

We sat down at a place called Food and Art, and as the name would suggest, that’s exactly what we got. Just look at the cool cup my tea was served in. I had to concentrate really hard not to break it :)



Ander cool items wat ons daar gesien het was onderandere ‘n tafel wat uit ‘n ou deur gemaak is en ou teepotte en koppies wat in ‘n mosaic-werkstuk vasgemessel is om ‘n “water feature” te vorm. Regtig baie interessant.

▓ ▓ ▓

Some other cool stuff we saw there includes a table made from an old door and a mosaic water feature with an old teapot and cups cemented in. Really very interesting.


Ons het ook vinnig by ‘n winkeltjie gaan rondkyk en ek kon nie anders as om vir my Suurlemoenstroop te koop nie. Dit is nie so dik soos dié wat my ouma altyd gemaak het nie, maar dit smaak darem amper so lekker :)

▓ ▓ ▓

We also checked out this little shop and I couldn’t help but buy me some Lemon Syrup. It’s not as thick as those my grandma used to make, but the taste is almost spot on.

Tuesday, April 12, 2011

Tjou-Tjou - Badkamermat


Het hierdie lank terug op  'n blog gesien wat ek volg en dink dis nogal cool. Dis 'n badkamermat wat uit ou t-shirts gemaak is. Julle weet mos ek hou daarvan as ou goed nuwe lewe kry :) Gaan kyk gerus bietjie daar rond. tjou-tjou

▓ ▓ ▓

I saw this a long time ago on a blog that I'm following and I think it's quite cool. It's a bathroom rug made from old t-shirts. By now you know that I like it when old items get a new lease on life don't you? :) Check it out. tjou-tjou

Saturday, April 2, 2011

Alles behalwe "random" fotos



Uitsig vanaf ons huis./View from our house.

Ook vanaf ons huis geneem...duh./Also taken from our house...duh.



Net oor die witbrug, buite die dorp./Just outside town.

Sommer so bietjie deur my Calvinia fotos gegaan en besluit om 'n paar te deel. Wie't nou 'n Ster Kinekor of Nu Metro nodig gehad as jy hierna kon kyk?

▓ ▓ ▓

I had a look through my Calvinia photos and decided to share a few. Who needed a cinema when we had this to look at?

Tuesday, March 29, 2011

'n Windklankie


Dankie aan FairCape vir die melkbottel, Hillcrest vir die klein konfytpotjies, my nig vir die vislyn en die waenhuis vir die ou sleutels. Mens kan waarlik sê dat jul almal 'n deeltjie van hierdie "windklankie" uitmaak :)

▓ ▓ ▓

Thanks to FairCape for the milk bottle, Hillcrest for the small jam jars, my cousin for the fishing line and the garage for the old keys. You can safely say that each one of you makes out a part of this wind chime :)

Sunday, March 27, 2011

Staanlamp



Hierdie staanlamp is gemaak uit koeldrankblikkies, en soos jy kan sien aan die blikkies se grafika, is dit 'n redelike tydjie terug al gemaak. Die lig staan gewoontlik binne-in my lessenaar, wat jy kan sien in een van my vorige posts. Lessenaar

Moet sê ek verkies hierdie Creme Soda blikkies bo dié wat mens vandag kry :)

▓ ▓ ▓

A lamp made entirely out of old cans. As you can see from the graphics on the cans, this was made a while back. It is usually inside my desk, which you can see in one of my previous posts Desk.

I must say I still prefer these Creme Soda cans to the ones you get today :)

Let's call it a "sculpture"


Eens op 'n tyd was ek 'n waiter gewees, en soos julle kan sien het my tafels maar selde hul "plastiek kurke" terug gekry.

▓ ▓ ▓

Once upon a time I was working as a waiter, and as you can see, my tables seldomly got there "plastic corks" back.

Tuesday, March 8, 2011

Toe tapes nog volop was


Kyk wat grawe ek die naweek by die huis uit die kas uit. My ou “Walkman” En ja, nadat ek vinnig twee batterye gekry het en ook in ‘n paar laaie gegrawe het vir ‘n tape of twee, kan ek met trots sê dat hy nog 100% reg werk.

Ek kan nie presies die jaar onthou nie, maar ek verbeel my dat dit my 1997 kersgeskenk was. Ons hele familie het by my tannie hulle in Oranjemund gaan Kersfees hou, en my ma’le het vir ons vier jongste neefies elk ‘n eiesoortige “walkman” gekoop, alhoewel ek nog al die jare gedink het myne was die coolste :)

Ek is amper seker dat myne ook die enigste van die vier is wat nog lewe, aangesien ek weet dat my broer s’n erens langs die pad ophou “walk” het en ek nie dink my neefs se “Walkmans” hul “skroef-alles-oop-wat-met-krag-werk” stadium sou oorleef het nie (maar ek kan verkeerd wees.)

In ‘n tyd toe daar nog nie iets soos cds was nie, het ons met tapes wonders gedoen. Saterdae wanneer hulle top tien musiek oor die radio gespeel het, het ons reggestaan met ‘n vinger op die record knoppie om jou gunstelling liedjies so na as moontlik aan die begin van die liedjie te begin opneem. Dit het beteken dat ons na hartelus kon luister totdat ons behoorlik siek en sat was vir van die liedjies, waarna ons dan weer van vooraf bo-oor kon begin tape.

As jy egter nie van jou liedjies wou verloor nie, was jy genoodsaak om ‘n nuwe tape te gaan koop. Nou hier moes jy slim gewees het. As jy winkel toe gegaan het, het elke goeie tapekoper geweet dat jy nie die 90 minute tape moet vat nie, maar wel die 60 minute een. Die rede hiervoor is dat die 90 tapes meer geneig was om te begin trek, en dan het Michael Jackson of wie ookal jy opgeneem het se stem eers snaaks begin klink.

Op sommige tapespelers, my “Walkman” ingesluit, was daar nie ‘n rewind knoppie nie. Dit was egter nie so ‘n groot probleem nie, want al wat jy moes doen was om vinnig die tape om te draai, fast forward te druk, en dan weer die tape na sy oorspronklike kant te draai totdat jy die begin van jou liedjie of die einde van die liedjie voor jou liedjie gevang gekry het.

Dalk primitief, maar dit was beslis awesome tye gewees.

No. 1 op my "Wishlist"


















Hierdie is so cool. Giant earphone speakers. As dit nie R700 was nie, het ek nou vir my bestel!
Beskikbaar by Astore, as iemand dit dalk vir my wil koop :)

▓ ▓ ▓

This is seriously cool. Giant earphone speakers. If it didn't cost R700, I would order some right now.
Available at Astore, if someone maybe wants to buy me a pair :)

Wednesday, March 2, 2011

Die water lyk alweer soos melk

Stadsmense verstaan selde as ‘n mens opgewonde raak oor die reën. Hoekom? Wel ek dink dis omdat hulle nie regtig weet waar hulle water vandaan kom nie.

Waar ek grootgeword het was die dorpsdam half een van die “besienswaardighede” van die dorp. Nie omdat dit buitengewoon besonders was of omdat daar allerhande watersport beoefen was nie, maar bloot vir die feit dat dit lewe beteken het. (en omdat daar nie véél meer was om te doen nie :)

Nou ja, in Calvinia het almal op een of ander tyd in hulle lewe die dorpsdam stamp vol en ook dol leeg gesien. Wanneer die dam op sy laagste vlak was kon jy een van twee goed verwag as jy die kraan oopdraai. Óf “lekker” brakwater van die boorgate wat moet “handjie bysit”, of brakwater wat soveel chloor by het dat dit eers so ‘n tydjie moet staan vir die kleur om van melkerige wit na “gewone water kleur” te verander.

Een goeie ding van die droogtes, as mens dit só kan stel, is dat daar darem altyd weer verligting ook gekom het. Die beste hiervan was natuurlik die donderweerstorms, wat altyd vinnig en hard was en gesorg het vir strome rooi water wat sommer uit die rooierwe uit in die dorp ingestroom het.

Ek onthou hoe ons eenkeer gaan rondry het om die water te kyk, en toe hoeka in die rooierwe gaan vassit het. Die straat wat verby die ou kragstasie loop was bekend daarvoor dat dit sommer in ‘n rivier kan verander as dit hard genoeg gereën het, en dit was dié einste straat waar ons tot ‘n stilstand gekom het. Sommer so dat ek en my ma moes uitklim om die bakkie te stoot terwyl my pa voorin gedoen het wat hy kon om ons uit die modder te kry. Verbygangers moes ook sommer inspring om te help en toe die bakkie met ‘n groot gespin uit die modder kom, en ons vol van daai modder agterop kon klim, het die verbygangers ook sommer ‘n “lift” gekry.

So ja, of ons nou rondgery het om die water te kyk, uitgevra het oor hoeveel duim dit al gereën het, gekla het oor die slegte water of gejuig het omdat nog ‘n droogte verby was, in my dorp het ons geweet waar ons water vandaan kom.

Ek sluit af met die volgende. (laat klink ek dit nou soos ‘n redenaars toespraak! :) Iemand het eenkeer gesê dat dit vir hulle besonders is hoe mense van ander dorpe nie gepla is met die reën nie, maar as dit in Calvinia reën, jy amper almal in die strate sal sien.


Hierdie foto is einde laasjaar by die dorpsdam geneem, toe ons een naweek Calvinia toe was.