Monday, October 17, 2011

Wie se kind is jy? - Die Hantam s'n


Neem kennis: Hierdie post gaan net in Afrikaans wees omdat mens nie regtig my dorp en sy mense in Engels kan beskryf nie. Dit sal tien teen een as ‘n sonde gereken word :)

Net vanaand weer met die kyk van die Klipwerf Orkes se nuutste musiekvideo het ek besef hoe baie ek my tuisdorp mis. Nou ek is nie ‘n groot aanhanger van boeremusiek nie, maar hierdie video het my beslis bietjie laat dink.

Nou moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek is baie mal oor die Kaap, en wil nie rêrig op enige ander plek bly nie. Maar mens se geboortedorp bly maar mense se geboortedorp, en as jy boonop 18 jaar van jou lewe op ‘n plek spandeer het, word dit ‘n integrale deel van jou bestaan.

Wat my nogal van die Klipwerf video getref het was die mense daarin.
So wys hulle byvoorbeeld vir oom Jan en tannie Rosa van Jannels, by wie ons vir jare aangeklop het as jou horlosie se battery pap was, jy ‘n nuwe radio of ander elektroniese ding wou koop, of jy net ‘n nuwe “kerkhemp” of das benodig het vir die Valentynsbal. Ek onthou hoe ek eenkeer my ma omgepraat het om vir my ‘n portable cd speler by Jannels te koop, waarvoor ek my sakgeld vir seker 3 maande moes vaarwel roep om dit te kan bekostig. O ja, dankie ma :)

Net so onthou ek ook die dorp se apteek, wat die enigste plek was waar jy in die ou dae jou films kon ingee en dan twee weke moes wag vir jou fotos om te kom, waar geskenkpapier en verjaarsdagkaartjies gekoop kon word, en waar oom Appie, die dorp se apteker, vir jou die regte pille kon gee. Natuurlik met ‘n storie daarby.

Ander plekke wat vir my uitstaan:
Die slaghuis, met hulle heerlike kerrie sosaties en skilpadjies, asook sulke lekker pienk worsies wat altyd op ons inkopielys was wanneer ons die dorp ingevaar het.

Die Hantam Huis, wat ook in die Klipwerf video verskyn en waar Aletta, die eienaars se dogter, jou altyd vriendelik bedien het met die lekkerste skons en room, gemmerbier, kaaskoek en brandewyn tert wat jy al ooit in jou lewe geëet het. (Nie alles op een slag nie natuurlik :)

Daar is nog baie sulke plekke, maar ek vind dis nie al wat ek na verlang nie. Ek mis ook die stil strate waarin ek in die aande met my fiets kon huis toe ry nadat ek by vriende gekuier het. Ek mis die rooi stofwolke van die Rooierwe se kant af tydens donderstorms. Ek mis die berge wat wit lê van die sneeu (of kapok soos dit ook bekend staan, nie dat ek al ooit die verskil tussen sneeu en kapok verstaan het nie, maar toemaar.) Ek mis ryp in die oggende wat die bolaag van die honde se waterbak vries. Ek mis sonsondergange waarvoor jy nie anders kan as om op die dak te klim om die beste foto’s te kry nie. Ek mis ons huis…

Maar genoeg gemis vir eers!

Met al die dinkery besef ek net weer hoe vinnig die tyd vlieg. Oor ‘n paar jaar gaan baie van die plekke en mense wat ek vir 18 jaar amper daagliks gesien en besoek het, dalk net verdwyn asof dit nooit bestaan het nie. Hoe keer ‘n mens dit? Of is dit maar net een van daai dinge. Die lewe gaan aan, die wêreld verander, en herinneringe is al wat oorbly…Moelik om te aanvaar, maar dis hoe dit is.

Ek besef dus ook dat dit nie al is waarop ‘n mens moet fokus nie. Ons lewens bestaan nie net uit waar jy grootgeword het, en wie jy in jou verlede geken het nie. Ons ontmoet daagliks nuwe mense, ervaar nuwe ervarings (wat anders doen mens met ervarings as om dit te ervaar :), en maak nuwe herinneringe wat op die ou end alles ‘n deel van jou unieke self vorm.

So alhoewel dit hartseer is om te sien hoe die tyd vlieg en terug te dink aan goed wat ons dalk nooit weer gaan ervaar nie en mense wat ons dalk nie weer gaan sien nie, is dit ook verblydend om te weet dat ons ten minste bevoorreg genoeg was om dit as ‘n basis tot ons menswees te hê. En beter as dit wat ek gehad het, kan mens nie voor vra nie!

Terwyl ons op ‘n positiewe noot is, sluit ek af.

O ja, hier is die Klipwerf video as iemand dit dalk wou kyk.

Tuesday, October 11, 2011

Motherboard clock 2.0



Net noudie dag ontdek ek hierdie cool website waarop mens horlosie meganismes kan koop, waarna hulle dit vir jou aflewer. Dit pas my net te goed! Nou hoef ek nie meer goedkoop PEP Stores horlosies te breek om die meganismes te kry nie :)

So, kom ons gesels bietjie oor hierdie horlosie. Getroue Rooierwe followers sal weet dat ek al voorheen ook 'n horlosie uit 'n ou moederbord gemaak het. (Sien dit hier) Hierdie een is egter so bietjie anders. Ek het besluit om die F1-F12 knoppies van 'n keyboard te gebruik om die syfers aan te dui, en ek het nie hierdie keer die waaier aan die agterkant afgehaal nie, so nou staan die horlosie sommer op sy eie.

Een van die dae gaan ek ook 'n post doen oor 'n ander horlosie wat ek gemaak het, waaroor ek nogal mal is. Ek besluit nog net of dit al klaar is :)

Wat dink julle van hierdie een?

▓ ▓ ▓

Just the other day I came across this awesome website that sells clock mechanism online, and then mails it to you. I absolutely love it. Now I don't have to break apart cheap PEP Stores clocks to get mechanisms :)

So, on to this clock. Loyal Rooierwe followers will know that I have previously made a clock out of an old motherboard. (See it here) This one however, is a bit different. I decided to use the F1-F12 buttons from an old keyboard as the numbers, and on this one I didn't remove the fan at the back, so the clock can stand on its own.

One of these days I will also blog about another clock that I've made recently, which I like quite a bit. I'm just deciding if it's finished or not :)

What do you think of this one?

Monday, September 19, 2011

Desktop background of the week


Ek het sommer so bietjie gespeel met een van die fotos wat ek Saterdag tydens die Cape Town Sightseeing bustoer geneem het.

▓ ▓ ▓

I played around a bit with one of the photos I snapped this Saterday during our Cape Town Sightseeing bus tour.

Sunday, September 18, 2011

'n Boor en bottel is nie maatjies nie



Hierdie is 'n lig wat ek vir 'n werkskollega as 'n verjaarsdag geskenk gemaak het. Die lig het egter ietwat van 'n storie agter hom. My oorspronklike plan was om 'n lig te maak uit die vonkelwynbottel wat ons by haar verjaarsdag oopgemaak het. Nadat ek 'n spesiale reeling met die waiter getref het om die bottel te kry, en dit toe stil-stil by die restaurant uitgesneak het sonder dat iemand my sien, het my planne toe nou nie so mooi uitgewerk nie.

Ek het my broer se hulp ingewin en wou 'n gat in die bodem boor vir die draad om deur te gaan. Alles het heel glad verloop...tot die boorpunt deurgedruk het. Die boor het effens geglip, en toe eindig ons op met 'n gat wat bietjie groter en meer ongelyk is as wat ek wou hê. Met my familie se hulp beraam ons toe 'n ander plan met die bottel, wat sou werk, maar toe ek by die huis kom sien ek daar is ook 'n bars wat stadig aan versprei.

So toe vat ek maar 'n ander bottel wat ek gehad het, en maak iets daaruit. Ek het vir 'n oomblik oorweeg om steeds vir haar te sê dat dit haar verjaarsdagbottel is, maar dan sal ek elke keer moet jok as ons oor die lig praat :) So, sy gaan nou nie kan spog dat dit van haar verjaarsdag-vonkelwynbottel gemaak is nie, maar hopelik hou sy darem van die lig!

O ja, die skerm is gemaak uit sulke awesome deurskynende plastiek film wat ek uit 'n rekenaar keyboard gekry het.

▓ ▓ ▓

This is a light that I made for a work colleague as a birthday gift. There is however a little bit of a story behind the story here. My initial plan was to make a light with the sparkling wine bottle that we opened at her birthday party. After making secret plans with the waiter to get the bottle, and sneaking it out of the restaurant, my plans didn't quite work out the way I planned.

I made a quick visit to my brother to use his drill to make a hole in the bottom of the bottle for the wire to go through. Everything went smoothly, until the moment the drill bit broke through. The drill slipped a bit, and we ended up with a sort of edgy hole that was much bigger than what I wanted. Still, we quickly tried to make another plan with the bottle, but then I noticed a crack that was spreading slowly, so it was bye bye bottle.

What to do? Well I had another bottle lying around, so I decided to make something out of it. I must say, for a few minutes I did consider telling her that this was her birthday bottle, but then I would have to lie every time we talked about the light...so many lies! :) So, she will not be able to brag about the fact that it is made with her birthday bottle, but hopefully she still likes it!

Oh, the shade is made from this awesome transparent plastic film thing I got out of an old computer keyboard.

Saturday, September 17, 2011

Sleutelhouer/Keychain


Sommer 'n sleutelhouer wat ek vir 'n vriendin se 25ste verjaarsdag gemaak het. Sy kry binnekort 'n nuwe kar en ek het gedink met hierdie as 'n geskenk, ry ek altyd saam in die nuwe motor :) Soos jul kan sien het ek nog so 'n paar rekenaarparte wat in my kamer rond lê en wag vir 'n geleentheid om te wys wat hul kan wees :)

▓ ▓ ▓

Just 'n keychain I made for a friend's 25th birthday. She is getting a new car soon and I thought that with this as a gift, I will always be along for the ride in the new car :) As you can see, I still have a few computer bits and pieces lying around in my room waiting for an opportunity to show what they can be :)

Friday, September 9, 2011

Ek wen nooit iets nie...tot nou!


Kyk wat het ek gewen! En al wat dit gekos het was 'n comment op een van my gunsteling blogs. Henriëtte van tjou-tjou het dit ontwerp en besluit om twee daarvan weg te gee aan iemand wat op haar blog comment. Toe word my naam sowaar uit die hoed getrek! (speech, speech! :) Al haar ontwerpe is by Haas beskikbaar.

Nou ja ek het nie iets cools om weg te gee nie, maar 'n paar comments is altyd welkom :)

▓ ▓ ▓

Look at what I won! And all that it took was just a simple comment on one of my favourite blogs. Henriëtte from tjou-tjou designed these awesome enamel mugs and decided to give two of them away to someone who left a comment on her blog. Lucky for me, my name was drawn! All here designs are available at Haas.

Now I don't have anything cool to give you yet, but a few comments are always appreciated  :)

Sunday, August 14, 2011

Badkamerpraatjies / Toilet talk


As jy soos ek in ‘n woonstel bly wat redelik nuut is, dan het jy sekerlik ook een van daardie badkamers wat se toiletpapierhouer op so ‘n plek sit dat dit fisies onmoontlik is om die toiletpapier by te kom. Dus, vermy ek die rol heeltemal en staan die toiletpapier nou maar op ‘n tafeltjie voor die toilet. Tot nou toe.

‘n Paar kurke en ‘n ou bottel is al wat dit gevat het om my eie toiletpapierhouer te maak wat nie van jou verlang om ‘n gimnas te wees om dit te bereik nie. Ek moet sê, ek is nogal verbaas oor hoe lekker dit werk. Die rol draai baie maklik om die bottel en het nog nie eenkeer vasgehak nie.
Dit werk ook heel lekker vir kombuispapier rolle of as ‘n plek waar ekstra toiletpapier gebêre kan word. Ek sal dalk in die toekoms een maak met meer kurke op sodat mens ‘n hele paar rolle daarop kan bêre.

Maar genoeg badkamerpraatjies vir eers. Tot volgende keer.

 ▓ ▓ ▓

If like me you stay in a relatively new flat, you probably also have one of those bathrooms with a toilet paper holder placed in such a way that it is basically impossible to reach. Because of this, I just plainly ignore the “official toilet paper holder” and keep the roll on a little table in front of the toilet. Until now.

A few plastic corks and an old bottle was all it took to make my own paper holder that doesn’t require you to be a gymnast in order to reach it. I must say, I’m quite surprised at how nicely it works. The roll moves effortlessly around the bottle’s neck without getting stuck.

It also works really well with kitchen towel or as a place to keep extra toilet paper. When a get a few more corks I will probably make another one that’s a bit longer so you can keep a few rolls on it.

But enough toilet talk for now. Until next time.

Monday, August 8, 2011

Iets vir my lessenaar


Uiteindelik weer 'n slag 'n post. Ek was laasmaand bietjie stil gewees (als my verjaarsdag se skuld dat ek so besig was dat ek nie kon blog nie :) Maar nou's ek terug, een jaar ouer moet ek bysê. Hier is 'n ietsie wat ek die naweek aan gewerk het, 'n pennehouer. Dit bestaan hoofsaaklik uit ou rekenaar dele wat nog oorgebly het van die cd rak wat ek so 'n tydjie terug gemaak het.
Wonder wat gaan die mense by die werk als te sê hê as ek dit môre langs my rekenaar gaan staanmaak. Ons sal sien.

▓ ▓ ▓

Finally a new post! As you can see, I was a little quiet last month (all my birthday's fault that I didn't get time to blog) But now I'm back, one year older and ready to blog blog blog. Here's a little something that I worked on this weekend, 'n pen holder. It is largely made out of old computer parts that was left over from the cd/bookcase I made a while ago.
I wonder what the people at work will have to say when I take it to work tomorrow. I guess we'll find out.

Wednesday, June 22, 2011

1000 views and still going

Het vandag officially 1000 pageviews bereik (insert "woohoo"), wat volgens my nie te "bad" is as jy in ag neem dat ek maar in Januarie begin blog het. Dankie aan almal wat 'n deel daarvan uitmaak, alhoewel die helfde daarvan seker maar familie is wat gedwing was om te kom kyk :)

▓ ▓ ▓

Today my blog reached 1000 pageviews.(insert woohoo) According to me, that's not too bad considering I only started blogging in January. Thanks to everyone who forms a part of this 1000, although most of it is probably family members who were forced to visit my blog :)

Sunday, June 19, 2011

Dit was my pa

Aangesien vandag Vadersdag is het ek besluit om hierdie post aan my pa toe te wy.

Matthëus, Matewis of vir party mense sommer net Boetie. Dit was my pa. Hy het gehou van sy skaaptjopie by ‘n braai, groentetuin maak in die agterplaas en ‘n vinnige uiltjie knip op die bank oor middagete. Hy was altyd oggende vroeg op om kwotasies uit te werk, het net velskoene werk toe gedra en kon lekker skrik as hy die dag wou. Hy het geweier om Engels te praat, het altyd ‘n V op sy bors gebrand gehad van in die son werk en het ‘n groen hoedjie nes my oupa gedra.

Alhoewel hy ‘n bouer van beroep was, was hy al die jare eintlik ‘n boer van hart. Hy het altyd gesmag na ‘n plaas van sy eie en dit was vir hom so moeilik om te verstaan dat sommige mense plase erf en dan nie wil boer nie, terwyl hy wát sou gee om sy eie plaas te hê.

Dit het hom egter nie gestop nie. Bo en behalwe vir die stukkie grond in die Rooierwe, het my pa altyd êrens in die omgewing plaasgrond gehuur waar sy skape kon loop en waarheen hy elke Saterdag in sy Suzbok (Isuzu bakkie) kon ry om skape te “dose” en seker te maak dat hulle nog “gelukkig” is.

Dit het egter nie beteken dat hy enigsins sy bouwerk afgeskeep het nie. Inteendeel. Die respek wat mense vir my pa en sy werk gehad het word vir my so mooi opgesom in ‘n storie wat ‘n tannie ons ‘n tydjie na sy dood vertel het. ‘n Man met wie sy gesels het het glo gesê dat daar net een ding is wat hy die Here eendag wil vra, en dis hoekom Hy my pa so vroeg gevat het. Hierdie het nog altyd net vir my boekdele gespreuk van die tipe man wat my pa was en het my ook geleer om altyd iets voluit te doen, maak nie saak of dit jou eerste of tweede liefde is nie.

Ek dink dit was dalk ook sy menslikheid wat by só baie mense aanklank gevind het. Hy was ‘n warm mens wat met almal oor die weg gekom het, en het altyd lekker gelag en parkaate gemaak. Self toe hy al baie siek was en ons hom moes help stort, aantrek en voer, moes ons telkemale eers stop om klaar te lag voor ons kon verder gaan. En dis hoe ek my pa wil onthou. Nie sy siekte of dit wat hy nie meer kon doen nie, maar die tipe man wat hy selfs tot op die einde was.

Op my sestiende verjaarsdag, presies 17 dae voor hy oorlede is, het my pa op sy manier vir my gesê dat ons mooi na my ma moet kyk. Ek is seker hy het toe al geweet wat aan die kom is. En as dít die enigste manier is om vir hom dankie te sê vir al die jare wat ons kos gehad het om te eet; dat ons hom nooit dronk gesien het nie of dat hy nooit op my ma geskree het nie en ons altyd eerste geplaas het - dan is dit die minste wat ek kan doen.


Sunday, June 12, 2011

Meant to be a keychain



Die eerste keer wat ek die giftcard gesien het het ek nie gedink W vir Woolworths nie, ek het gedink W vir Wynand :) En nou hang dit al te lekker aan my karsleutels as 'n sleutelhouer.

▓ ▓ ▓

The first time I saw this giftcard I didn't think W for Woolworths, I thought W for Wynand. And now it's hanging all to nicely on my car keys as my new keychain.

Sunday, June 5, 2011

Van Poeding tot Donkie Lepel




Kaartspeel kom al 'n langpad in ons familie. Een van die hoogtepunte van elke familievakansie was vir my die aande wat ons om die kombuistafel kon sit en kaart speel.

Ek dink ons familie se liefde daarvoor het beslis van my ouma af gekom. Alhoewel ek nie verseker kan onthou dat sy ons geleer het om te speel nie, weet ek dat sy altyd net so lekker saamgespeel het nadat iemand die kaarte uit een of ander laai gegrawe het.

Enigiets van Poeding, Sewetjie en Gaan Vis tot ons familie se ultimate favourite - Donkie Lepel het ons gespeel. Nou ja vir die wat nie weet nie, Donkie Lepel werk so. Die doel van die spel is om 'n pakkie van 4 te maak deur die kaart wat jy nie wil hê nie aan te stuur en die wat jy wel wil hê, te hou. Sodra jy dan 'n pakkie het moet jy uitgooi en een van die lepels gryp wat op die tafel lê. Daar is egter elke keer een lepel te min, wat beteken dat die stadigste een leë hande eindig en dus verloor.

Om die waarheid te sê, ons het eenkeer so lekker gespeel dat die bure die volgende dag wou weet hoekom hulle nie na die lekker party toe genooi is nie, min weetend dat ons eintlik net sit en kaart speel het. ('n Party in 'n pakkie...maybe I should market that?)

Aangesien ons familie so lief vir kaartspeel is het ek so 2 jaar terug besluit om ons eie, unieke familie kaarte te maak as 'n kersgeskenk. Almal in die familie se gesigte is op die Kings, Queens en Jacks gesit, met twee familie grapjasse wat pronk op die Jokers. 

Die "VDM" staan vir "van der Merwe" - wat my oupa hulle se van was. Die pak hierbo is die een wat ek vir myself laat print het, wat nou eers klaar uitgeknip is. :) Kom ons hoop dit sorg vir nog baie jare se kaart pret.

▓ ▓ ▓

Our family really loves playing cards so about 2 years ago I decided to make these as a Christmas gift. The Kings, Queens and Jacks feature the faces of everyone in our family, while two family jokers made it on to the Joker cards. I only recently finished cutting out the pack I printed for myself :)

Monday, May 16, 2011

Die Rooierwe, of moontlik Mars


Net vir ingeval jy gewonder het hoekom hulle dit die Rooierwe noem :) Dankie vir die kiekie Google.

▓ ▓ ▓

Just in case you were wondering why they call it Rooierwe (Red stands). Thanks for the shot Google.

Friday, May 13, 2011

Small changes


Wat dink julle van die nuwe uitleg en banner?

▓ ▓ ▓

What do you think of the new layout and banner?

Sunday, May 8, 2011

Fragments of a computer


Dié "raam" en kabels kom uit 'n rekenaar. Ek kan seker 'n foto ook daarin sit, maar ek hou van die geknoopte kabels.

▓ ▓ ▓

"Frame" and cables from a computer. Guess I can put a photo in it too, but I quite like the knotted cable.

2 computers become 1

My favourite part -
The DVD ROM is now a retractable CD holder.


Ek was hierdie naweek weer ‘n bietjie “kreatief” gewees. So ‘n maand of wat terug het ek twee ou rekenaars by die werk gekry wat nou in ‘n CD/Boekrak verander is. Duidelik weet die mense by die werk nou al waarmee ek my besig hou en daarom kom vra hulle eers of ek iets wil hê voordat hulle dit net weggooi. Solank ek plek in my woonstel het…bring it on. Gaan kyk gerus na een van my vorige posts waar ek ook ons werk se ou mikrogolf bietjie bygekom het. Long live die Mikrogolf

O ja, ek het nou ook ‘n klomp van die twee rekenaars se binnegoed oor, so verwag ‘n paar ander rekenaar-geinspireerde skeppings in die nabye toekoms :)

 ▓ ▓ ▓

This weekend was spent doing a bit of “creative” work. About a month ago I was handed two old computers at work that have now been transformed into a new CD/Bookcase. Clearly people at work know what I like to do with my spare time. And as long as I have space left in my flat…bring it on. Check out what I did with our work’s old microwave a few months ago. Long live die Mikrogolf

Oh, and seeing as I have taken apart two computers, rest assured in the knowledge that I now have an abundance of new parts that will be making its way to your screen, so to speak, as new creations :)

Tuesday, May 3, 2011

Tee, Kuns en Suurlemoenstroop op Riebeek

Ons het Sondag net na die middag gou vinnig deurgery Riebeek Kasteel toe. Wat ‘n interessante dorpie! Was heel verbaas oor die hoeveelheid klein koffiewinkels en restaurante wat daar is, en net so verbaas oor die getal mense wat ook hul Sondag namiddag daar deurgebring het.

Die eetplek waar ons gaan sit het se naam is Kos en Kuns, en net soos die naam voorstel is dit presies wat ons gekry het. Kyk net die cool koppie waarin hulle tee bedien het. Ek moes maar versigtig drink om dit nie sommer stukkend te druk nie :)

▓ ▓ ▓

Sunday just after lunch we took a quick trip to Riebeek Kasteel. What an awesome little town. I must say that I was quite surprised at the amount of coffeeshops and restaurants in the town, just as surprised as I was at the amount of people hanging out there on a Sunday afternoon.

We sat down at a place called Food and Art, and as the name would suggest, that’s exactly what we got. Just look at the cool cup my tea was served in. I had to concentrate really hard not to break it :)



Ander cool items wat ons daar gesien het was onderandere ‘n tafel wat uit ‘n ou deur gemaak is en ou teepotte en koppies wat in ‘n mosaic-werkstuk vasgemessel is om ‘n “water feature” te vorm. Regtig baie interessant.

▓ ▓ ▓

Some other cool stuff we saw there includes a table made from an old door and a mosaic water feature with an old teapot and cups cemented in. Really very interesting.


Ons het ook vinnig by ‘n winkeltjie gaan rondkyk en ek kon nie anders as om vir my Suurlemoenstroop te koop nie. Dit is nie so dik soos dié wat my ouma altyd gemaak het nie, maar dit smaak darem amper so lekker :)

▓ ▓ ▓

We also checked out this little shop and I couldn’t help but buy me some Lemon Syrup. It’s not as thick as those my grandma used to make, but the taste is almost spot on.

Tuesday, April 12, 2011

Tjou-Tjou - Badkamermat


Het hierdie lank terug op  'n blog gesien wat ek volg en dink dis nogal cool. Dis 'n badkamermat wat uit ou t-shirts gemaak is. Julle weet mos ek hou daarvan as ou goed nuwe lewe kry :) Gaan kyk gerus bietjie daar rond. tjou-tjou

▓ ▓ ▓

I saw this a long time ago on a blog that I'm following and I think it's quite cool. It's a bathroom rug made from old t-shirts. By now you know that I like it when old items get a new lease on life don't you? :) Check it out. tjou-tjou

Saturday, April 2, 2011

Alles behalwe "random" fotos



Uitsig vanaf ons huis./View from our house.

Ook vanaf ons huis geneem...duh./Also taken from our house...duh.



Net oor die witbrug, buite die dorp./Just outside town.

Sommer so bietjie deur my Calvinia fotos gegaan en besluit om 'n paar te deel. Wie't nou 'n Ster Kinekor of Nu Metro nodig gehad as jy hierna kon kyk?

▓ ▓ ▓

I had a look through my Calvinia photos and decided to share a few. Who needed a cinema when we had this to look at?